Skip to main content

Posts

Showing posts from May, 2010

Orlando Bulls

Hoekom die bohaai oor Orlando stadium en die Bloubulle? Daar word mos al lank sokker gespeel op Loftus, Ellispark en op Nuweland? Hoekom haal daai wedstryde nie die nuus nie? Word die sokkerondersteuners ook so goed ontvang in Pretoria soos die rugbyondersteuners Saterdag in Soweto ontvang gaan word? Dis sommer ‘n paar goed waaroor ek wonder so op die vooraand van die Bulls vs Crusaders wedstryd in Soweto. Moet my nie verkeerd verstaan nie. Ek dink dit is great! Wie sou kon dink dat eendag ver in die toekoms die ou Noord-Transvaal in Soweto gaan rugby speel, nogal vir ‘n semi. Wie sou dan nog daarby kon droom dat die stadion binne etlike ure uitverkoop sal wees en dat die locals van Soweto nie kan wag om die “boere” van Pretoria ‘n ding of twee oor braaivleis te leer nie. Die nuwe SA, you gotta love it! OK, terug na my openingsparagraaf. Hoekom die bohaai? Wat maak dit so vreemd wanneer ‘n oorwegende wit, Afrikaanssprekende sportspan en hul oorwegend wit Afrikaanse ondersteuning

Simptome sonder 'n diagnose

Ek skryf vanaand oor my ontydige ontmoeting met die dood, my eie dood om presies te wees. My muse terwyl ek skryf is die bekfluitjie van Bob Dylan. (“it's getting dark, too dark to see, I feel I am knocking on heavens door...”) Die afgelope paar weke stoei ek met simptome wat wissel tussen malaria, bosluiskoors, sinussitus, babalas en een of ander bakteriele bliksem in my binneste. Oor die algemeen het ek die gemoedstoestand (asook die spysvertering) van ‘n ouma agter op die backseat terwyl haar kleinkind sy "maiden voyage" deur Bainskloof Pas onderneem, in pa se nuwe Audi... Die dokters gooi egter klippe in die bos om te kyk wat uitspring, dus het ek nou al buiksonars, breinskanderings en ‘n wilde lumber punch agter die blad (laasgenoemde was regtig agter die blad). Iemand moet nou nog net my prostaat kom voel dan is die hele boksomdice gecover. OK, so waar was my ontmoeting met die dood? In al die bogenoemde natuurlik. Ek doen nie goed met naalde, pille en hosp