Skip to main content

Posts

Showing posts from March, 2016

Stil, daar gaan ’n leeu verby.

Daar is ’n leeu weer los in die Karoo en vir ’n vlietende oomblik kan ons die aarde se hart voel klop. Die oomblik is voorwaar kortstondig en hoe tragies hartseer is hierdie wete nie. Die Karoo hunker al eeue dat die spore van ’n maanhaarleeu vrylik die veld versier. Ons almal smag na leeu se kind. Die luiperd, die rooikat en selfs die lam. Die argetipe van ons eerste bestaan. Die beskermheer van ons moeder. Die koning van ons wildste drome brul oor die Hantam, die gedruis ruk die Tankwa. Die Namakwa is weer heel. Die Bo-karoo laat haar kinders dikmelk drink. Ons heelmaker loop tussen boegoe en vygies. Hy trap suutjies agter bobbejaan se spoor. Die koue winterswind vol stories van die eerste Matroosbergsneeu dans deur sy maanhare. Die sterrehemel staar. Stil, daar gaan ’n leeu verby. Hy sal nooit weer die kant langs loop nie. Teen skemeraand sal hy sneuwel in 'n ou rivierloop. Die laaste fossiel van ons verlange. Die knal van sy val sal eggo oor die oop ruimtes van ons en