Skip to main content

Posts

Showing posts from March, 2011

'n Boom vir Oom Danie Schreuder

Ek plant vandag ‘n boom vir die oom wat my van God geleer het. Hy weet dit nie. Hy is dood. Jare laas het ons kontak gehad. Ek wou nog bel, skryf, gaan kuier... hy weet nie dat hy my van God geleer het nie. Self was hy nie ‘n “godsman” nie, aldus nie as dit van die kerk afhang nie. Wat was hy? Wie was hy? Dalk agnostikus, dalk aties, dalk humanis, dalk net doodgewoon bleddie goeie mens. Dalk daardie soort mens wat met 'n vergrootglas na die lewe kyk. ‘n Storieverteller van formaat. ‘n Skrywer, digter, ywerige ondersoeker van alles wat goed en mooi is. ‘n Backyard motorbike mechanic. ‘n Rugby supporter, altyd langs die veld as Simonsberg op ‘n Vrydag speel. Iemand wat ook soos ek nie ‘n R kan se nie. (Of dalk eerder soos ‘n ek ‘n R kan se.) ‘n Anderse Afrikaner. ‘n Prof. ‘n Natuurliefhebber. ‘n Wetenskaplike. ‘n Romatikus. 'n Realis. 'n Vader. 'n Oupa. ‘n Mentor. ‘n Veldrifmens. ‘n Doodgewone sterfling. Tans woonagtig in ‘n Beter Hemel...      Kliek hier om een van my