Skip to main content

Posts

Showing posts from June, 2008

Smile and say cheese!

Ek doen baie troues, dit kom met die job. Hierdie jaar het ek al reeds 14 troues agter die blad (uitsluitend die klomp waar ek net ‘n gas was). Vir my is die vreemdste karakter by ‘n troue nie die skoonma nie, maar eerder die fotograaf. Jy sien hom al ‘n myl aankom, kamara op elke heup, sonbrille op sy kop (selfs in die kerk!), ‘n ou Cape Union Mart baadjie met baie sakke en ‘n houding wat vertel dat die dag eintlik daaroor gaan om die beste en mooiste fotoalbum van jou troue te hê. Die beste fotograwe kry dit darem reg om subtiel die partytjie oor te neem, maar die meeste van die tyd voel dit soos die stert wat die hond swaai soos die kamara manies flits en die bruidspaar weer en weer die soen moet “pose” voordat die seremomie kan verder gaan. Wanneer troues meer oor die fotoalbum gaan as oor die wonderlike partytjie tussen ou en nuwe vriende, dan laat dit my altyd dink aan my grootste renons met godsdiens. Dit het deur die eeue die kuns bemeester om die heilige, alledaagse, beeldskon

'n Deksels moeilike keuse

‘n Tannie op my tuisdorp koop net konfytpotjies met swart dekseltjies op. Ek weet dit, want my ma het die tuisnywerheid en sy het my vertel. Die goue dekseltjies pas glo nie by haar kombuis nie. Dit is nogals ‘n frustrasie, want die res van die dorp is min gespin oor die kleur van konfytdekseltjies, dus moet my ma ter wille van die tannie se kombuis elke maand net een of twee swart dekseltjies aanskaf. Sy bêre hulle tussen ‘n klomp leë botterbakkies en ander opgaargoed, sodat wanneer die tannie bel om te hoor of sy nog van daai lekker konfyt het, dan vervang my ma gou twee potjies se deksels en vertel vir die tannie dat sy vinnig moet maak want daar is nog net twee swart potjies oor! Nodeloos om kwyt te raak, maar tog voel ek moet dit noem: “Tannie, die jêm proe dieselfde, maak nie saak wat die kleur van die deksel is nie.” Dit is immers voor-die-hand-liggend, maar tog moet ek stellig erken, daar is ‘n verskil. Mens noem hierdie verskil, Keuse. Die vryheid om te kan kies tussen die kle