Skip to main content

Posts

Showing posts from February, 2009

Die reënboog buite “Mrs. Mansfield” se klas

Ek het gister ons huishulp se dogtertjie by die skool gaan haal. Terwyl ek vir haar gewag het, het hordes kinders by my verby gestap, so half en half in rye elke keer as die juffrou kyk, maar almal diep in gesprek met die maatjie langs hulle. Wat my opgeval het is dat die kinders deur ‘n ander bril na mekaar kyk as die bril waardeur ek na die lewe kyk. Ek kyk na hulle en sien skakerings van swart, bruin en wit. Ek hoor Engels, Zulu, Xhosa en hier en daar ‘n bietjie Afrikaans. Maar nie hulle nie. Wanneer hulle praat word Zulu en Xhosa gemeng en met Engels versier. Wit en Swart loop hand om die lyf en wag geduldig vir hul Indiër maatjie om hulle in te haal. Dit is asof hierdie kinders ‘n universiele taal leer praat het, al klink elkeen se woorde anders. Hulle het ‘n gemeenskaplike grond gevind, al ervaar elkeen die oomblik anders as die res. Terwyl ek daar staan met my rug teen die kennisgewing bord, sekondes voor my oog Angelique s’n vind, besef ek dat hierdie kinders ons enigste hoop o