Skip to main content

Posts

Showing posts from December, 2012

Die Pretzel

Ek het hierdie storie die eerste keer gehoor uit die mond van die bekende storieverteller Nico Nel. My weergawe klink so: In die hoogbloei jare van stoei (daai tyd was daar baie bloed betrokke), was Jan van Pretoria die land se nommer een stoeier. En met stoei bedoel ek nie die rofstoei soort wat ‘n mens op e-tv sien nie, nee ek bedoel amateurstoei. Daardie soort waar jy met ‘n rooi of ‘n blou broekie stoei. Ek was self ‘n kranige klein stoeiertjie, maar dit was lank nadat hierdie voorval plaasgevind. Jan het van Lichtenburg se wereld afgekom, sy van was Van Pretoria. Hulle het hom die posterboy van stoei genoem, aangesien al wat ‘n stasiedorp nooientjie ‘n Huisgenootmiddelblad plakaat van Jan van Pretoria van Lichtenburg teen hulle kamerdeure gehad het. Daardie nooientjies behoort nou almal mooi vroue van diep in hulle 80’s te wees en al lewe Jan lankal nie meer nie, stoei hy nog snags in die slaapkamers van menigte ouetehuise. Jan van Pretoria van Lichtenburg in aksie

Karoo Kersverhaal

Kry ‘n mens nog sulke mense? Vra ‘n vriendin toe ons haar die storie van ons vakansie vertel? Die storie loop so: ‘n Vakansie sonder ‘n Landy is nie vakansie nie. ‘n Landy sonder ‘n enjin fout is nie ‘n Landy nie. Maak self die somme. 40km hierdie kant van Willowmore op die N9 ruik ek ‘n brandreukie. Iets wat jy nie wil ruik agter die stuur van ‘n 1997 Land Rover Defender nie, maar iets wat jy waarskynlik een of ander tyd gaan ruik. Ek stop en lig die deksel op, rook en olie, niks vreemds nie. Ek klim weer in en draai die sleutel. Hy maak net hô. Ek probeer weer. “Hô” praat die enjin terug. En daar sit ons. Vroulief op die foon met ‘n rekenaarstem wat belowe hulp is op pad en ek besig om die wiel ‘n tradisionele skop te gee terwyl ek my my voorkop herhaaldelik teen die truspieeltjie se skerpkant slaan (dis glo ‘n standaard prosedure in die geval van ‘n break down). Terwyl die lamheid van gestrand wees die hoop op ‘n seevakansie laat wegkwyn in die Groot droë Karoo skemer, stop ‘

I benefited from Apartheid

I am white. My friend @cobusvw was one of the first people to help me embrace being white with all the baggage that goes along with. I am also a racist. It is the bane of my life here in Africa. Growing up in the 80’s in South-Africa have shaped me in a certain way. My inherent racism is something I struggle with everyday. Don’t get me wrong, I try very hard not to be one. My other white buddy @soulgardeners introduced met to Jonathan Jansen’s work describing my racism as almost inherited through blood. Together we started to talk about our struggle with racism in the same way addicts would talk about their addiction.  I am a recovering umlungu, addicted to feeling superior. I am born into a history of racism. Years of prejudice have framed a narrative through which I perceive others that are different from me and my culture.  I am proud to say that most of the time, with the help and patience of kind, supportive and forgiving black (and white) friends I have my addiction under

Luister na jou hart van hout

Ek het onlangs op 'n musiekgroep afgekom met die naam Listener. Hulle styl is nie almal se koppie tee nie, maar as hulle lirieke jou nie baie diep raak nie het jy 'n hart van hout. Hulle lirieke worstel met die weerloosheid van mense. In Wooden Heart se/sing o ns almal stoei met duiwels en spoke, sommer helder oordag.  Die kerk bestaan uit skeepswrakke en uitgespoeldes. O ns almal het genade nodig wat ons self nog nooit aan ander bewys het nie. Wooden Heart We're all born to broken people on their most honest day of living and since that first breath... We'll need grace that we've never given I've been haunted by standard red devils and white ghosts and it's not only when these eyes are closed these lies are ropes that I tie down in my stomach, but they hold this ship together tossed like leaves in this weathered my dreams are sails that I point towards my true north, stretched thin over my rib bones, and pray that it gets better but it wo

As net een persoon in jou glo

So gebore en so gedoop (hersiene weergawe)

Ek is nie ‘n klein monstertjie nie. Dis mos wat Lady Gaga se aanhangers genoem word, want sy heet mos glo Mamma Monster. Ja, ek het al ‘n keer of wat op ‘n tafel gedans terwyl Poker Face oor die luidsprekers gons. Ek het egter nog nooit haar albums gekoop nie en was nie juis van plan om haar optrede te gaan kyk nie. Tot onlangs, toe vriende van my vir my allerhande emails en videos ( https://www.youtube.com/watch?v=iR7Fdxk49cc ) begin aanstuur het wat haar lirieke, musiek videos en uitrustings ontleed as tipies van iemand wat haar siel aan die duiwel verkoop het. Die titel antichris is mildelik aan haar toegeskryf, asook die bruid van Satan. Nodeloos om te noem het dit my nuuskurigheid oor haar aangewakker. Ek is immers ‘n teoloog en die geleentheid om die duiwel se vrou van naderby te bestudeer is ‘n kans wat nie elke student van die spirituele te beurt val nie.  Toe ek dus die uitnodiging kry om na haar optrede by Soweto se Soccer City te gaan kyk, het ek dit aangegryp, ter will