Skip to main content

Posts

Showing posts from October, 2009

Boksies

Die ander dag sit ek in ‘n koffiewinkel en lees. ‘n Tannie stap toe nader, kyk my so op en af en kondig luidkeels aan: Jy lyk darm regtig nie soos ‘n dominee nie.Vir ‘n oomblik was ek onseker of sy dit as ‘n kompliment of kritiek bedoel het. Wat ek wel weet van haar opmerking weet is dat dit gelaai is met stereotipes. Sy het ‘n spefieke verwagting van hoe ‘n predikant moet lyk wanneer hy by ‘n koffiewinkel sit en lees en dis duidelik dat ek nie aan haar verwagtings voldoen het. Daar is deur die jare ‘n paar stereotipes rakene predikante opgebou en die tannie sien weining daarvan in my. Dit geld egter nie net vir predikante nie, noem nou maar enige manier van menswees en iemand gaan ‘n bepaalde stereotiepe daaraan heg. Van mechanic tot prokereur, van doktor tot skoonmaker, van onderwyser tot orrellis. Zulu, Xhosa, Afrikaner. Ryk en arm, geleerd of ongeleerd. Bruin of wit, Afrikaans of Engels. Gelowige of ongelowige. Al hierdie name skep sekere prentjies in mens se gedagtes en maak bepaa