Skip to main content

Posts

Showing posts from April, 2008

Die aarde en alles daarop.

“Kruis op die rug, die berg uit”, sê ek vir my vriend toe hy vra hoe die week moet eindig. Ons was besig om die eerste van vele Jesus weke in die koshuis op Stellenbosch te beplan. In daardie dae was ek ‘n volslae Charismat wat hard probeer het om die koshuis vir Jesus te wen. Ek was onder die indruk dat God net daar is waarheen ons hom neem en na aanleiding van die ryke tradisie van stront aanjaag in Simonsberg het ek in my naiwe onskuld tot die slotsom gekom dat niemand nog vir God ‘n kamer in die koshuis gereël het nie. Daarom dan die rede vir die Jesus week. ‘n Hele week waar ons Christene vir die res gaan wys Wie eintlik in die koshuis moet koning kraai. Die agenda het soos volg verloop: ‘n Massiewe plakaat met die naam “JESUS” het in die eetsaal gehang, want elke knie sal mos buig en elke tong erken... Ek onthou nog hoe Loftus, een van dié wat volgens ons nog nie vir Jesus geken het nie, my asseblief gevra het om die plakkaat te verwyder. Daar is immers meer as net Chistene in di

Bruinoog Politiek

Ek moet bieg, ek het nog nooit ‘n brown eye gegooi nie. Die geleenthede was telke male daar. Soos die keer toe ek en my vriend die enigste WP ondersteuners op Loftus was en Boeta Wessels die Bulle in die stof laat byt het deur drie keer reg voor die pale mis te skop. Daardie dag sou die perfekte dag vir ‘n bruin oog gewees het, maar soos baie ander kere het my moed my begaan en kon ek sedertdien nog nie die broekrek onder die boude kry en die groot oog vir wie ookal wys nie. Ek onthou my vriend Pietman het tydens ‘n landsdienskamp in die laerskool ‘n groepie meisies van hul onskuld beroof deur hulle te wys waar Dawid se wortels begrawe is, maar ek kon nog nie sulke mannemoed openbaar nie. Dit vra ‘n sekere riskante selfvertroue in die wete dat jy vanoggend goed afgevee het. ‘n Bruin oog is in alle opsigte ‘n middelvinger in die oortreffende trap. Met die wys van die vinger verstaan die ontvanger onmiddelik dat jy nie baie opgewonde is oor sy of haar bestaan nie, maar met ‘n bruinoog se

Ons Taxi het ‘n township vibe!

‘n Paar weke gelede by ‘n troue staan ek en wag vir die kroegman om my oog te vang. Die toesprake is al verby en die bruidspaar het sopas hul rondte op die dansbaan gemaak. Ek staan vasgedruk tussen ‘n ronde vent en sy vriend, hulle praat politiek. My kop gaan heen en weer so asof ek tennis kyk. Die gesprek balanseer op ‘n mespunt soos die twee tot die slotsom kom dat die land goed in sy moer is en dat al wat ‘n reg(s)dekende witmens nog kan doen, is om maar sy tasse te pak. “‘n Volgende Zimbabwe is op hande, trek mos alles deur, selfs doringdraad.” sê ou dikkes en sluk die laaste bietjie brandewyn weg. Sonder om ‘n oog te knip, gaan hy voort: “As Verwoerd nog aan die stuur was, sou ons darem hierdie land vinnig kon regruk”. Sy vriend beaam met ‘n gewyde stilte. Ek probeer uit die gesprek bly deur my kleingeld te tel, maar net voor ek my uit die voete kon maak, draai Vaatjie na my en vra: “Jy met die kuif, nou wat dink jy?” Ek verstik amper aan my Black Label en slaan rooi uit soos la