Skip to main content

Boksies

Die ander dag sit ek in ‘n koffiewinkel en lees. ‘n Tannie stap toe nader, kyk my so op en af en kondig luidkeels aan: Jy lyk darm regtig nie soos ‘n dominee nie.Vir ‘n oomblik was ek onseker of sy dit as ‘n kompliment of kritiek bedoel het. Wat ek wel weet van haar opmerking weet is dat dit gelaai is met stereotipes. Sy het ‘n spefieke verwagting van hoe ‘n predikant moet lyk wanneer hy by ‘n koffiewinkel sit en lees en dis duidelik dat ek nie aan haar verwagtings voldoen het. Daar is deur die jare ‘n paar stereotipes rakene predikante opgebou en die tannie sien weining daarvan in my. Dit geld egter nie net vir predikante nie, noem nou maar enige manier van menswees en iemand gaan ‘n bepaalde stereotiepe daaraan heg. Van mechanic tot prokereur, van doktor tot skoonmaker, van onderwyser tot orrellis. Zulu, Xhosa, Afrikaner. Ryk en arm, geleerd of ongeleerd. Bruin of wit, Afrikaans of Engels. Gelowige of ongelowige. Al hierdie name skep sekere prentjies in mens se gedagtes en maak bepaalde verwagtinge in mens los.

Wanneer ons egter kyk na die stories wat vertel word oor die groot geeste van toeka tot nou, sien ons keer op keer mans en vroue wat teen die stroom op, die stereotipes van hul konteks afbreek en in die plek daarvan ‘n nuwe manier van menswees vir die res van ons wys. Van Ghandi tot Mohammed, van Buddha tot Moeder Theresa, van Che Quervo tot Madiba, van Koos Kombuis tot Nataniel, van Aardsbiskop Tutu tot daai apartheidsomie wat deesdae swartmense se voete was, almal mense wat op hul eie unieke manier die vooroordele van mense trompop loop.

Een van my gunsteling stories van een van hierdie tydlose geeste is die een waar ‘n Samaritaanse vrou met ‘n baie agterdogtige reputasie vir Jesus op ‘n snikhete Midde-Ooste middag by ‘n waterput ontmoet. Dis net hulle twee. Dis heel te mal ongehoord. As die kerkmense hiervan sou hoor, sou die tonge los wees.

En dan begin Jesus met haar gesels. Sy reageer met skok en verbasing: “Hoe vra wat ‘n Jood is, vir my, ‘n Samaritaanse vrou water om te drink?” Jesus is besig om die sosio en religiuese gedragskodes van sy Joodse identiteit te ondergrawe. Hy kan in groot moelikheid beland. Skande op die huis, om die minste te verwag.

Maar so begin Jesus, met ‘n beker water die mure van stereotipes tussen hom en die vrou afbreek. Kort voor lank deel sy haar lewensverhaal met Jesus en voor sy (en die dorpie) en Jesus hulle oe kon uitvee, is almal se lewens vir goed verander!

Nog ‘n mooi storie wat vertel word is van die wit Anglikaanse priester wat tydens die storm en drang jare van ons land se geskiedenis, met ‘n doodgewone gebaar van hoflikheid die mure van rassisme afgebreek het. ‘n Swart vrou en haar seuntjie stap op die sypaadjie in die rigting van die priester, toe hulle groetafstand van hom is, haal hy sy hoed af en groet haar en haar seun vriendelik. Die seun word groot, hy word ‘n man, hy word ‘n profeet, hy word deel van die revolusie, hy is nogsteeds die gewete van die volk. Die seun is Aardsbiskop Tutu en hy die storie vertel dan besef jy hoe groot ‘n doodgewone groet kan wees.

Dis net tot ons eie nadeel wanneer ons kies om die stereotipes oor die sogenaamde ander in stand te hou. Ons verarm onsself en ontneem ons van die krag van die koms van die Koninkryk van Jesus wanneer ons te gou, te vinning iemand wat nie soos ons lyk, praat en dink nie, in ‘n boksie probeer sit.

Comments

L K said…
Dit is soooo waar! Mal oor jou blog.

Popular posts from this blog

So gebore en so gedoop (hersiene weergawe)

Ek is nie ‘n klein monstertjie nie. Dis mos wat Lady Gaga se aanhangers genoem word, want sy heet mos glo Mamma Monster. Ja, ek het al ‘n keer of wat op ‘n tafel gedans terwyl Poker Face oor die luidsprekers gons. Ek het egter nog nooit haar albums gekoop nie en was nie juis van plan om haar optrede te gaan kyk nie. Tot onlangs, toe vriende van my vir my allerhande emails en videos ( https://www.youtube.com/watch?v=iR7Fdxk49cc ) begin aanstuur het wat haar lirieke, musiek videos en uitrustings ontleed as tipies van iemand wat haar siel aan die duiwel verkoop het. Die titel antichris is mildelik aan haar toegeskryf, asook die bruid van Satan. Nodeloos om te noem het dit my nuuskurigheid oor haar aangewakker. Ek is immers ‘n teoloog en die geleentheid om die duiwel se vrou van naderby te bestudeer is ‘n kans wat nie elke student van die spirituele te beurt val nie.  Toe ek dus die uitnodiging kry om na haar optrede by Soweto se Soccer City te gaan kyk, het ek dit aangegryp, ter will

I benefited from Apartheid

I am white. My friend @cobusvw was one of the first people to help me embrace being white with all the baggage that goes along with. I am also a racist. It is the bane of my life here in Africa. Growing up in the 80’s in South-Africa have shaped me in a certain way. My inherent racism is something I struggle with everyday. Don’t get me wrong, I try very hard not to be one. My other white buddy @soulgardeners introduced met to Jonathan Jansen’s work describing my racism as almost inherited through blood. Together we started to talk about our struggle with racism in the same way addicts would talk about their addiction.  I am a recovering umlungu, addicted to feeling superior. I am born into a history of racism. Years of prejudice have framed a narrative through which I perceive others that are different from me and my culture.  I am proud to say that most of the time, with the help and patience of kind, supportive and forgiving black (and white) friends I have my addiction under

By die doopvont is ons nóg gay, nóg straight.

Ons het al ’n ver pad gestap. Die mense van die kerk meen ek. Met die kerk bedoel ek my kerk. Die Nederduitse Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika. In 1843 het die gemeente van Tulbach geskeur weens mense se onversoenbaarheid rakende die sakramente. Die legende lui dat ’n baba van ’n jong ongetroude meisie gedoop is en dit het sekere gemeenteleiers rooi laat sien.  Daar is baie sulke hartseer verhale. Nie almal het op kerkskeuring uitgeloop nie, maar baie het krake en skeure in harte van goeie gelowige mense veroorsaak. Die jare 70’s en 80’s toe ek ’n kind was het sy pond vleis van my generasie geeis. Die land was ook ietwat anders vir Afrikaanse kerkmense in daardie tyd. Dalk in sekere opsigte meer eenvoudig. Jou opsies was minder, wat dan ook bygedra het tot die moontlikheid van verwerping indien jy meer links van die linker regop paal die lewe benader het. Twee vriendinne van my het albei in die jare 80’s en vroeg 90’s uit die kas gekom. Die pyn van verwerping en die soeke