Skip to main content

Perspektief

Hier vanuit ‘n vreemde land voel alles weer nugter en normaal, dis nou wat my emosies, vrese en vrae rakende die Republiek aanbetref. Ek vermoed dis bietjie anders wanneer jy elke dag die Beeld en die Rapport se brokkies (ou)nuus teen die straatligpale lees. Wanneer jy daar tussen Toskaanse boustyle, agter duur elektriese heinings wat 24uur deur “hulle” vir wie ons bang is opgepas word. Wanneer jy daagliks in jou groot, swart 4X4 die kinders by die privaatskool aflaai, jou haarkapper besoek, die nuutste skinder en klagtestories opdis en dan by die Virgin gym, saam met die res van die sokkermammas, rondom ‘n aarbei smoothie en skinny lattes praat oor Australie en Kanada en die visums wat nie wil realiseer nie. Wanneer Malema en Eugene die lugtyd kaap, lewend en sterwend. Wanneer oumas in huise vermoor word en babas in wiegies aan hul eie bloed verstik, wanneer skote klap, ruite breek en iewers agter 'n blink lessenaar ‘n hoogeplaasde die rassekaart speel en so die bal van verantwoordelikheid vir ‘n ander groep aangee.


Maar hier in Kaaskopland waar die gras heel leuk en groen is, waar die melk soos riviere vloei en die vrouens met lang bene fiets op hul fietse trap terwyl kont en kraai voor en agter in wiegiestoeltjies klou vir al wat werd is, hier kan die lewe gou ‘n rat voor die oe draai van een niksvermoedende reisiger. Want ek voel meteens tuis, amper Europees. Al is daar weinig Hollands in my, behalwe die vele raakplekke met my moedertaal natuurlik, my voorsate se land van herkoms is immers Frankryk, kan die ou blou bloed binne my vae beelde van markpleine, klipstraatjies en stegies met vars reuke van brood en kaas onthou.

Of dalk is daar iets anders in my wat weer lewend raak, iets wat weinig met Europa te doen het en meer raak-raak aan die ganse mensdom wat binne my leef. Ek sien kinders, mense, bejaard en bebaard, iedere een op ‘n bicycle of te voet, rustig, lewend, sonder vrees. Ek sien huise en tuintjies wat ingeweef in die buurman s’n is. Ek sien oop vensters sonder diefwering. Ek sien vrede, g’n vrees.

Vreemd genoeg, daar is een plek in Joburg waar ek dit ook sien. Meeste Vrydae kuier ‘n paar “wit” vriende by ‘n eetplek in Zandspruit. Zandspruit is ‘n township buite Roodepoort. Die kuierplek se naam is Motswako Pot (motswako beteken “mix”, “poespas”, “mengelmoes”). Dis eintlik ‘n gloryfied sjebeen en ‘n underrated restaurant. Skoolkinders loop daardeur op pad huis toe, die manne van die metro polisie kry daagliks hul kwota boepens, dikboude en hang tiette daar, konstruksie werkers, tuiniers en tjars hang ook daar die uit. Mense kuier buite op stoeltjies met lang koue biere, ons eet met ons hande en deel ons borde kos met wie ookal langs ons kom sit, amper soos hier in Europa, die musiek is net soveel harder en die vleis soveel beter...

Comments

Popular posts from this blog

So gebore en so gedoop (hersiene weergawe)

Ek is nie ‘n klein monstertjie nie. Dis mos wat Lady Gaga se aanhangers genoem word, want sy heet mos glo Mamma Monster. Ja, ek het al ‘n keer of wat op ‘n tafel gedans terwyl Poker Face oor die luidsprekers gons. Ek het egter nog nooit haar albums gekoop nie en was nie juis van plan om haar optrede te gaan kyk nie. Tot onlangs, toe vriende van my vir my allerhande emails en videos ( https://www.youtube.com/watch?v=iR7Fdxk49cc ) begin aanstuur het wat haar lirieke, musiek videos en uitrustings ontleed as tipies van iemand wat haar siel aan die duiwel verkoop het. Die titel antichris is mildelik aan haar toegeskryf, asook die bruid van Satan. Nodeloos om te noem het dit my nuuskurigheid oor haar aangewakker. Ek is immers ‘n teoloog en die geleentheid om die duiwel se vrou van naderby te bestudeer is ‘n kans wat nie elke student van die spirituele te beurt val nie.  Toe ek dus die uitnodiging kry om na haar optrede by Soweto se Soccer City te gaan kyk, het ek dit aangegryp, ter will

I benefited from Apartheid

I am white. My friend @cobusvw was one of the first people to help me embrace being white with all the baggage that goes along with. I am also a racist. It is the bane of my life here in Africa. Growing up in the 80’s in South-Africa have shaped me in a certain way. My inherent racism is something I struggle with everyday. Don’t get me wrong, I try very hard not to be one. My other white buddy @soulgardeners introduced met to Jonathan Jansen’s work describing my racism as almost inherited through blood. Together we started to talk about our struggle with racism in the same way addicts would talk about their addiction.  I am a recovering umlungu, addicted to feeling superior. I am born into a history of racism. Years of prejudice have framed a narrative through which I perceive others that are different from me and my culture.  I am proud to say that most of the time, with the help and patience of kind, supportive and forgiving black (and white) friends I have my addiction under

By die doopvont is ons nóg gay, nóg straight.

Ons het al ’n ver pad gestap. Die mense van die kerk meen ek. Met die kerk bedoel ek my kerk. Die Nederduitse Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika. In 1843 het die gemeente van Tulbach geskeur weens mense se onversoenbaarheid rakende die sakramente. Die legende lui dat ’n baba van ’n jong ongetroude meisie gedoop is en dit het sekere gemeenteleiers rooi laat sien.  Daar is baie sulke hartseer verhale. Nie almal het op kerkskeuring uitgeloop nie, maar baie het krake en skeure in harte van goeie gelowige mense veroorsaak. Die jare 70’s en 80’s toe ek ’n kind was het sy pond vleis van my generasie geeis. Die land was ook ietwat anders vir Afrikaanse kerkmense in daardie tyd. Dalk in sekere opsigte meer eenvoudig. Jou opsies was minder, wat dan ook bygedra het tot die moontlikheid van verwerping indien jy meer links van die linker regop paal die lewe benader het. Twee vriendinne van my het albei in die jare 80’s en vroeg 90’s uit die kas gekom. Die pyn van verwerping en die soeke