Skip to main content

Die dag toe Mev.Paashaas Kersfees gered het.

Dit was nie ‘n gewone kersfees nie. Kersvader was immers nog altyd op sy pos, sedert die heel eerste kersfees toe kinders nog met houtspeelgoed tevrede was.
Maar hierdie kersfees het die ou man met die wit baard en die groot boepens ‘n lelike verkoue opgetel toe hy een oggend vroeg in die sneeu met sy slee vasgesit het. Die Kersfees Maatskappy het wyd en syd gesoek vir ‘n plaasvervanger vir Kersvader. Al die bekendes het vir sy pos aansoek gedoen. Van die Tande Muis tot Liewe Heksie. Selfs die Man op die Maan het sy CV ingestuur, maar weens die hoe brandstofpryse kon hulle dit nie bekostig om hom vir ‘n onderhoud te kry nie, sy aansoek is dus nie aanvaar nie.
Op die ou einde van die dag het Mnr.Paashaas die beste in die onderhoude gevaar. Hy het immers baie ervaring van publieke vakansiedae en moet self tydens ‘n baie besige naweek die wereld vol sy rondtes doen om seker te maak dat almal paaseiers het om weg te steek.
Die Kersfees Maatskappy het toe besluit om vir Mnr.Paashaas die tydelike pos van Kersvader aangebied. 

Teen ‘n stewige fooitjie natuurlik!

Hy was aanvanklik baie opgewonde en het sommer dadelik vir sy Slee lisensie gegaan.
Mev. Paashaas het vir hom die mooiste rooi mussie gebrei. En daardie jaar se kersfeeskaartjies is almal verander sodat die Paashaas se gesig op die meeste van hulle verskyn het. Die hele wereld was in rep en roer toe die Kersfeesmaatskappy aankondig het dat hierdie jaar se kersfees deur die paashaas behartig sou word. Almal het gewonder of daar nou paaseiers onder hulle kersbome moet wees. Sommige het selfs begin om wortels te kweek, want hou hase hou seker meer van wortels as van koekies en melk...

Maar toe Mnr.Paashaas sien hoe baie briewe daar geskryf is deur kinders van reg oor die wereld, toe begin hy baie op sy senuwees raak.

“Hoe gaan ek vir al hierdie kinders betyds die regte geskenke gee?” het hy gespanne vir Mev.Paashaas gevra? En hoe weet ‘n mens wie soet en wie stout was? Kersvader het regtig ‘n baie moeilike werk!” het hy verder gekla.

Mnr.Paashaas het vir hom ‘n baie groot koppie koffie met ekstra suiker gemaak en toe het hy begin om deur al die miljoene briewe te lees.
Maar hoe meer briewe hy gelees het, hoe meer was teleurgesteld in al die ryk kinders van die wereld wie se enigste wens vir Kersfeees net nog meer speelgoed is.
“Ek het dan altyd gedog dat Kersfees gaan oor Geloof, Hoop en Liefde, maar al wat hierdie kinders voor vra is TV speletjies, fancy selfone en blink nuwe klere.” Nie een kind vra vir Vrede nie. Daar is nie kind wat hoop dat die wereld ‘n beter plek sal wees nie. Nee wat, ek gaan moreoggend my bedankingsbrief inhandig. Die Kersfeesmaatskappy moet maar self sien kom klaar. Dis al klaar erg genoeg dat Paasfees ook nie meer is wat dit voorheen was nie!”
En daar storm Mnr.Paashaas by die kamer uit en los vir Mev. Paashaas tussen al die miljoene briewe.
“Nou wat nou?”, het sy hardop gesug.

Kyk maats, nou was die hele wereld se kersfees hoop in die sop. Dit was twee weke voor kersfees. Die tyd was hopeloos te min tyd vir die Kersfeesmaatskappy om iemand anders in die Paashaas se plek aan te stel. Boonop lyk dit of Vader Kersfees nie gesond word nie. Hy het glo al 20 bokse tissues gebruik om sy loopneus te probeer stop. Eenkeer het hy so hard genies, die hele Noord Pool was onder die snot.

Mev Paashaas het goed geweet dat sy iets drasties sal moet doen! Sy besluit toe dat sy sal soek tot sy een kind se briefie kry wat iets anders as duur speelgoed vra, dan sal haar man, die Paashaas dalk van plan verander. En so het Mev.Paashaas begin soek na ‘n briefie van ‘n baie spesiale kind.
Die eerste 1000 briewe wat sy oopgemaak het, het haar net so ontstel soos vir Mnr. Paashaas. Sy was amper op die punt om alles net so te los, toe vang ‘n baie eenvoudige briefie haar oog.

Die adres agter op die koevert het gelui:

Motague straat 50
Mitchells Plain
Suid-Afrika

Toe sy die briefie uit die koevert haal, toe raak haar hart sommer warm. Baie van die ander briewe is geskryf deur grootmense namens die kinders, in sulke deftige handskrifte met duur penne. Of dis op ‘n rekenaar getik en per epos aan die Kersfeesmaatskappy gestuur. Maar hierdie een is geskryf deur ‘n regte egte kind met die mooiste hartjie ooit. Die handskrif was vir pragtig. ‘n Meisie s’n, sy kon dit dadelik sien. Verskillende kleure is gebruik en daar is selfs spesiale prentjie vir Vader Kersfees geteken. Die briefie is geskryf in ‘n Afrikaans wat sy lanklaas gehoor het. ‘n Lekker praat Afrikaans wat geen doekies omdraai nie.

Mev.Paashaas het die briefie hardop vir haarself gelees:

Liewe Vader Krismis
Ek het gehoor van jou verkoue. Ek was ookal eenkeer siek, hoeka laas krismis. My mommy het my na die dokter toe gevat en toe moes ek vir ‘n paar nagte in die hospitaal bly. Ek kan nie onthou wat my makeer het nie, maar almal het baie gehuil by my bed. Selfs die pastoor het vir my kom bid. My oupa het gese hyt gedink ek is tickets toe. Maar ek was nerens heen nie. net daar in my hospitaalbed gebly tot ek beter geword het. So ek weet hoe jy voel. Ek hoop jou neus hou sommer gou op met loop en dat Antie.Krismis vir jou ook hoendersop sal gee. Dit laat mens altyd beter voel. Ek wou vir jou sweets saamstuur, maar oppad na die poskantoor het ek dit vir my sussie gegee,sy was baie lus vir sweets. Dit was anyway toffies. My ma se dat ou mense soos jy nie toffies kan kou nie, julle tande is mos los in julle se bekke.
Anyway, ek wil nie ‘n lang storie maak van ‘n kort vragie nie.
Vader Krismis, my ouma is baie geworry oor al die crime in ons mooi land. Sy slaap amper nooit nie. my boetie is laasjaar deur die gangs doodgeskiet. Deesdae is daar baie hartseer in ons huis. My kersfees wens is dat mense sal ophou om mekaar so seer te maak. Kan jy vir Paashaas vra om ‘n bakkie vrag Vrede in ons straat te kom aflaai. Ek weet sommer dat almal dan die beste kersfees ooit sal he.
Dis regtig al wat ek soek.
Baie liefde vir Mev.Krismis en die Takbok met die rooi neus.
Luv you lots
Chantel

Mev.Paashaas het die briefie oor en oor gelees. Sy was seker dat daar nog sulke wonderlike kinders soos Chantel moet wees. Toe die Paashaas uiteindelik terugkom by die huis was hy nogsteeds vasbeslote om die hele kersfees affere net so te los. Maar toe staan en wag Mev.Paashaas vir hom by die voordeur. Krullers in die hare en die koekroller onder die arm. En nog voor hy iets kon se, gee sy hom ‘n hou op sy kop met die koekroller en raas met hom omdat hy sommer so wegloop sonder om te se waarheen hy gaan.

Die Paashaas was nog besig om sterretjies te sien, toe druk sy vrou die briefie onder sy neus.
Sy oog vang ‘n woord of twee in die briefie en net soos Mev.Paashaas, het hy dadelik geweet hier is iets baie spesiaal geskryf deur ‘n baie spesiale kind.

Sy hart het sommer ligter gevoel en sy lus om die kersfeesboodskap te help realiseer het stadig maar seker weer terug gekom. Hy maak toe‘n blink plan wat daardie jaar se kersfees heel te mal anders gemaak as al die ander: Al die kinders wat reeds baie speelgoed het, maar wat vir nog meer speelgoed gevra het, het net ‘n briefie onder hulle kersbome gekry. Een van die ryk kinders, ‘n seuntjie met die naam Boeta se briefie het so geklink:

Liewe Boeta. Baie dankie vir jou briefie. Ek weet jy wil baie graag ‘n splinternuwe bergfiets he. Boeta, gaan kyk gou weer in jou pa se garage, daar is mos niks fout met jou fiets nie. Jy kan verseker nog ‘n jaar of twee lekker daarmee ry, veral as jy dit mooier oppas.
Ek en die Kersfeesmaatskappy het toe besluit om vir jou iets anders te gee asnog nuwe speelgoed. Ons gee vir jou die geskenk van liefde eerder as ‘n nuwe speelding.
Boeta, daar is kinders in jou dorp wat hierdie hele jaar nie een nuwe speelding gekry het nie. Daarom gaan ons hierdie kersfees jou lang geskenkielys vir so ‘n kindjie gee en jy liewe Boeta gaan die voorreg beleef ‘n verskil in iemand anders se lewe te maak.
Ek weet sommer jy sal verstaan, want jy is immers ‘n baie soet en ordentlike kind.
Baie liefde
Die Paashaas
NS: sien jou weer in April met ‘n sak vol eiers en sommer baie liefde!

Die oggend van kersdag, toe klein Chantel deur haar venster loer, toe sien sy ‘n groot rooi bakkie buite in die straat. Agter op die bakkie was honderde geskenke opgemaak in mooiste kleurpapier ooit. Sy het sommer dadelik geweet wie agter die stuurwiel sou sit...

Toe Mnr.Paashaas die aand na kersdag by die huis kom, lekker moeg van al die rondryery, het Mev.Paashaas vir hom ingewag met ‘n groot beker warm sjokolade met ekstra marshmellows daarin. Hy het soos ‘n sak patats op sy gunsteling stoel neergeplak en hardop ‘n sug van verligting gegee.

Toe kyk hy vir Mev.Paashaas wat ewe selfvoldaan met haar arms gevou voor hom kom staan het, asof sy wag dat hy iets moet sê:
“Ja my vrou ek weet, jy het my en die Kersfeesmaatskappy se basse behoorlik gered! Kersfees sou ‘n baie groot gemors gewees het as dit nie vir jou en Chantel se briefie was nie.”

Comments

Giel Rossouw said…
Ja my kind dis 'n wonderlik mooi storie. Liefde. Pa

Popular posts from this blog

So gebore en so gedoop (hersiene weergawe)

Ek is nie ‘n klein monstertjie nie. Dis mos wat Lady Gaga se aanhangers genoem word, want sy heet mos glo Mamma Monster. Ja, ek het al ‘n keer of wat op ‘n tafel gedans terwyl Poker Face oor die luidsprekers gons. Ek het egter nog nooit haar albums gekoop nie en was nie juis van plan om haar optrede te gaan kyk nie. Tot onlangs, toe vriende van my vir my allerhande emails en videos ( https://www.youtube.com/watch?v=iR7Fdxk49cc ) begin aanstuur het wat haar lirieke, musiek videos en uitrustings ontleed as tipies van iemand wat haar siel aan die duiwel verkoop het. Die titel antichris is mildelik aan haar toegeskryf, asook die bruid van Satan. Nodeloos om te noem het dit my nuuskurigheid oor haar aangewakker. Ek is immers ‘n teoloog en die geleentheid om die duiwel se vrou van naderby te bestudeer is ‘n kans wat nie elke student van die spirituele te beurt val nie.  Toe ek dus die uitnodiging kry om na haar optrede by Soweto se Soccer City te gaan kyk, het ek dit aangegryp, ter will

I benefited from Apartheid

I am white. My friend @cobusvw was one of the first people to help me embrace being white with all the baggage that goes along with. I am also a racist. It is the bane of my life here in Africa. Growing up in the 80’s in South-Africa have shaped me in a certain way. My inherent racism is something I struggle with everyday. Don’t get me wrong, I try very hard not to be one. My other white buddy @soulgardeners introduced met to Jonathan Jansen’s work describing my racism as almost inherited through blood. Together we started to talk about our struggle with racism in the same way addicts would talk about their addiction.  I am a recovering umlungu, addicted to feeling superior. I am born into a history of racism. Years of prejudice have framed a narrative through which I perceive others that are different from me and my culture.  I am proud to say that most of the time, with the help and patience of kind, supportive and forgiving black (and white) friends I have my addiction under

By die doopvont is ons nóg gay, nóg straight.

Ons het al ’n ver pad gestap. Die mense van die kerk meen ek. Met die kerk bedoel ek my kerk. Die Nederduitse Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika. In 1843 het die gemeente van Tulbach geskeur weens mense se onversoenbaarheid rakende die sakramente. Die legende lui dat ’n baba van ’n jong ongetroude meisie gedoop is en dit het sekere gemeenteleiers rooi laat sien.  Daar is baie sulke hartseer verhale. Nie almal het op kerkskeuring uitgeloop nie, maar baie het krake en skeure in harte van goeie gelowige mense veroorsaak. Die jare 70’s en 80’s toe ek ’n kind was het sy pond vleis van my generasie geeis. Die land was ook ietwat anders vir Afrikaanse kerkmense in daardie tyd. Dalk in sekere opsigte meer eenvoudig. Jou opsies was minder, wat dan ook bygedra het tot die moontlikheid van verwerping indien jy meer links van die linker regop paal die lewe benader het. Twee vriendinne van my het albei in die jare 80’s en vroeg 90’s uit die kas gekom. Die pyn van verwerping en die soeke