Skip to main content

So ook op die aarde...

In die eerste eeu na Christus het ‘n denkwyse soos ‘n veldbrand begin versprei. Dit word Gnostiek genoem. Die groot gedagte is dat hierdie wêreld inherent sleg is. Daar is ‘n hoër vlak van menswees, waar die siel verhewe is en naby aan God beweeg. Dinge soos politiek, werk, familie, eet, seks, tuinmaak, speelgoed is van ‘n laer vlak. Goed soos armoede, seerkry, lyding is ‘n teken van ‘n baie lae vlak van lewe. Die strewe is om van hierdie wereld en sy uitdagings, begeertes en swaarkry te ontsnap. Daar is ‘n eksklusiewe vorm van kennis/liefde wat vir ‘n mens verlossing bring, nie almal kan dit behaal nie.

Jesus was nie regtig mens nie. Het ook nie regtig gesterf nie. Hy was die eerste om hierdie vlak van lewe te bereik.

Die eerste stories oor Jesus was skaars op skrif toe versprei die virus reeds. Dit is een van die “backdrops” waarteen Paulus sy brief aan Romeine skryf. Paulus skryf in Romeine 8 oor die skepping wat ‘n vrou in baringsnood is. Haar water het gebreek. Kraampyne is minute uitmekaar. ‘n Kind is oppad. Kry jy meer aards as dit?

Toe ons kinders was het een my maats se ma ‘n nuwe mat in hulle sitkamer laat insit. So ‘n spierwit jare 80’s nommertjie. Ek onthou dat sy altyd voor die vertrek stoele gepak het sodat ons met ons vuil voete nie daaroor kan loop nie. Daardie mat herinner my aan hoe baie mense oor God, kerk en die lewe laat dink. 

Die Here behoed as dinge morsig word.

‘n Mens sou dink dat hierdie denke saam met die draai van die eerste eeu uitgesterf het, maar die virus is vandag nogsteeds net so aan die gang soos destyds in Paulus se tyd. Elke dan en wan word geloof/godsdiens ‘n red tape affere. Groot geel linte skreeu uit: do not cross, behalwe as jy die regte dokumentasie het. Alledaagse metafore soos brood en wyn het verander in iets wat slegs predikante en priesters mag hanteer. Die Bybel is dan slegs ‘n boek bedoel vir sondae of woensdae saam met die selgroep. Kerk is ‘n uur in die week waar ons ons beste klere aantrek, ons vriendelikste glimlag op sit en maak asof ons lewens perfek is. Selde raak ons geloof aan die alledaagse morsigheid van die lewe.

Onlangs kuier ek by vriende wat sopas ‘n babatjie gehad. Die jong ma vertel haar weergawe van die geboorte. Dis nou nadat die romantiek afgewerk het. Langsaan my op ‘n koffietafel le een van daardie swangerskap/ouerskap tydskrifte. Op die voorblad is ‘n babatjie op ‘n groot wit agtergrond. Eufories, hemels. Asof die baba doekloos deur die lewe gaan. Ek het niks teen sulke tydskrifte nie, maar die kontras tussen die idee van swangerskap op die tydskrif en die vertellings van die nuwe ouers is vir my merkwaardig. Die ironie is dat ek die eerlike vertellings van die ma meer waardeer as die pynlose prentjies van die media.

Geloof in Jesus hou ons voete plat op hierdie morsige mooi aarde. Dit help ons bid, soos in die hemel, so ook op die aarde. 

Comments

Popular posts from this blog

So gebore en so gedoop (hersiene weergawe)

Ek is nie ‘n klein monstertjie nie. Dis mos wat Lady Gaga se aanhangers genoem word, want sy heet mos glo Mamma Monster. Ja, ek het al ‘n keer of wat op ‘n tafel gedans terwyl Poker Face oor die luidsprekers gons. Ek het egter nog nooit haar albums gekoop nie en was nie juis van plan om haar optrede te gaan kyk nie. Tot onlangs, toe vriende van my vir my allerhande emails en videos ( https://www.youtube.com/watch?v=iR7Fdxk49cc ) begin aanstuur het wat haar lirieke, musiek videos en uitrustings ontleed as tipies van iemand wat haar siel aan die duiwel verkoop het. Die titel antichris is mildelik aan haar toegeskryf, asook die bruid van Satan. Nodeloos om te noem het dit my nuuskurigheid oor haar aangewakker. Ek is immers ‘n teoloog en die geleentheid om die duiwel se vrou van naderby te bestudeer is ‘n kans wat nie elke student van die spirituele te beurt val nie.  Toe ek dus die uitnodiging kry om na haar optrede by Soweto se Soccer City te gaan kyk, het ek dit aangegryp, ter will

I benefited from Apartheid

I am white. My friend @cobusvw was one of the first people to help me embrace being white with all the baggage that goes along with. I am also a racist. It is the bane of my life here in Africa. Growing up in the 80’s in South-Africa have shaped me in a certain way. My inherent racism is something I struggle with everyday. Don’t get me wrong, I try very hard not to be one. My other white buddy @soulgardeners introduced met to Jonathan Jansen’s work describing my racism as almost inherited through blood. Together we started to talk about our struggle with racism in the same way addicts would talk about their addiction.  I am a recovering umlungu, addicted to feeling superior. I am born into a history of racism. Years of prejudice have framed a narrative through which I perceive others that are different from me and my culture.  I am proud to say that most of the time, with the help and patience of kind, supportive and forgiving black (and white) friends I have my addiction under

By die doopvont is ons nóg gay, nóg straight.

Ons het al ’n ver pad gestap. Die mense van die kerk meen ek. Met die kerk bedoel ek my kerk. Die Nederduitse Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika. In 1843 het die gemeente van Tulbach geskeur weens mense se onversoenbaarheid rakende die sakramente. Die legende lui dat ’n baba van ’n jong ongetroude meisie gedoop is en dit het sekere gemeenteleiers rooi laat sien.  Daar is baie sulke hartseer verhale. Nie almal het op kerkskeuring uitgeloop nie, maar baie het krake en skeure in harte van goeie gelowige mense veroorsaak. Die jare 70’s en 80’s toe ek ’n kind was het sy pond vleis van my generasie geeis. Die land was ook ietwat anders vir Afrikaanse kerkmense in daardie tyd. Dalk in sekere opsigte meer eenvoudig. Jou opsies was minder, wat dan ook bygedra het tot die moontlikheid van verwerping indien jy meer links van die linker regop paal die lewe benader het. Twee vriendinne van my het albei in die jare 80’s en vroeg 90’s uit die kas gekom. Die pyn van verwerping en die soeke