Skip to main content

'n Pelgrim met goeie nuus

Ek hoor dikwels die “reeds-baie-holrug-geryde, maar-tog-spyker-op-die-kop-waar” stelling : Christene is fake. “Julle leef nie wat julle verkondig nie. Voor die dominee is julle heilig, maar by die braai is jy vol grappies. Die manier hoe julle oor God praat klink oud en oor sy vervaldatum, soos melk in ‘n straatkaffeeyskas. Die God waarvan julle sing en bid het iewers duskant die 325 afgetree, of 6000 jaar gelede opgehou skep. Volgens julle rus Hy nou...”

Maar dalk is die probleem nie individuele Christene nie (in elkgeval nie die hele lot nie), maar eerder die paradigma waarin Christene hul geloof probeer verwoord het en die gebrek aan goeie, bevrydende intellektuele leiding, wat ons gebring het tot waar ons nou is.

Die kerk was eens op ‘n tyd die intellektuele pasaangewer in ‘n donker wêreld vol bygelowe en vrese. Totdat die mense begin droom en ontdek het. Copernicus, Columbus, Descartes en Darwin het met nuwe stories, metafore, idees en feite vorendag gekom. Later, met die koms van die drukpers, die opbloei in die wetenskap en die vooruitgang in die moderne wêreld, het gewone mense in universiteite, laboratoriums, skole en agter hul lessenaars die intellektuele pasaangewers en die skeppers van nuwe waarhede vir ‘n nuwe wêreld geword. En toe bly die kerk agter, vasgevang in ‘n premoderne wêreld (waar God nogsteeds ver bo in die hemel is en die hel iewers onder die aarde vol swael en rook en duiwels met rooi vurke) en vir ewig in ‘n stryd met modernisme gedompel.

Maar nou het ons by ‘n keerpunt gekom. Die kerk het kanker, terminaal. Reg oor die wêreld is die Christenlike paradigma besig om uit te sterf. Al hoe minder mense het die kerk op hul daaglikse agenda.
Hoekom?

Want die kerk se sondes het haar ingehaal. Jare se lugkastele in ‘n wêreld vol fenomenale feite. Jare se morele hoogmoed in 'n wêreld desperaat opsoek na egtheid en medemenslikheid. Jare se rigiede religie in wêreld opsoek na spontane spirituele intimiteit. Jare se binnegevegte oor toga tossels, nagmaalkelkies, preekstoelpreke, belydenisskrifte, kerkraadsgetalle en pastorieaanbouings (om nie eens te praat van die bloedige stryd namems die vrou, die tiener, die gay en die andersgekleurde opsoek na ‘n menswaardige plek in die kerk behalwe agter in die kombuis, onder in ‘n gat in kerksaal, of iewers agter in die kerk se tuin!)

Maar meer nog sien ons dat mense nie meer ‘n behoefte aan georganiseerde kerk het nie want hul daaglikse lewens is vol wonderlike alledaagse oomblikke met “God”. Daagliks in treine, taxis, kantore, golfbane, pretparke, wynplase, toneelstukke, kunstefeeste, musiekvertonings, kampeertereine, kombuise, eetkamers, slaapkamers en groentetuine ontmoet mense die lewende Skepper Gees. Dalk is dit wat Jesus vir die kerk probeer wys het: Dat die wêreld die speelplek van God geword het. Die markplein is nou die tempel en as die kerk die vars voetspore van God wil sien en volg, gaan die beste plek om dit te ontdek nie in die religieuse ruimtes wees nie, maar eerder in die doen en lates van gewone mense. Ongestruktureerd, ongeorden, ongepas.

So ‘n kerk (indien die woord nog van waarde is) gee sy titel, status, sekuriteit en mag van die ou bedeling prys en waag dit agter hierdie vreemde voetspore aan.

Hoekom en hoe sou die markplein hierby baatvind?

Want die markplein is altyd opsoek na medereisigers, na pelgrims met goeie nuus. Gesprekgenote opsoek na nuwe insigte, idees, opinies, riglyne en bevrydende waarhede. Deur die eeue pelgrims en reisigers in die markpleine van die antieke stede hul verhale en stories met gewone mense gedeel. Staan dit nie iewers dat die kerk ‘n reisiger en ‘n pelgrim is wat keer op keer terugkeer met goeie nuus nie? Op ander plekke word hierdie goeie nuus met hoofletters geskryf, want die draers en die hoorders daarvan het dit waarlik as 'n bevrydende waarhede beleef. Nie omdat dit (soos dikwels vandag) in abstrakte dogmatiese terme vertel is nie, maar eerder in menslike stories van 'n Persoon wat alle stereotipes en vooroordele oor die lewe kom afbreek het en selfs tot in die dood hierdie "Way of Life" geleef het. 'n Deur het oopgegaan, 'n nuwe manier van dink oor die lewe het aangebreek, intimiteit met die Skepper Gees het moontlik geword, 'n lewe wat geen einde ken nie is binne ons bereik.

Klink vir my soos iets waarin ek kan glo.

Dalk het dit tyd geword dat die kerk (soos die meeste van ons dit vandag ken en beleef) haar goed optel en loop...

Comments

Cobus said…
Troy Bronsink skryf 'n interessante artikel oor die kerk wat inherent moet weet dat ter wille van ons roeping ons die kerk se dood kan veroorsaak, en dit dan moet gebeur.
Me said…
Dit is so relevant in vandag se wêreld waar soveel mense steeds dink dat God by 'n kerk se deure stop. Ek het die hele idee agter die Emergent Church onlangs raakgeloop (asook kritiek daarteen), en ek glo daar is baie interessante tye wat voorlê. Preach it, brother! :-)
Unknown said…
Cobus, thanx vir die insiggewende artikel, die volgende opmerking het my baie opgewonde gemaak: “The new reality revealed in Jesus Christ” is not a bigger and better church, it “is the new humanity, a new creation, a new beginning for human life in the world” (G-3.0200b). The church, then, gathers to anticipate a new culture—not to replicate an old one. Keep posting brother!
Unknown said…
Dirk, cool opmerking. Ek stem met jou saam, die koms van die koninkryk van God is nie NOG 'n kerk nie, maar "a way of life" "a new humanity, a new beginning".
Unknown said…
Dankie Fourie, Jy het presies verwoord wat, ek kan jou beloof, by baie Christene alreeds 'n geestelike lewenstyl geword het en wat hulle Christenskap op 'n spirualistiese wyse beoefen en vir wie die Kerk 'n anachronisme geword het. Thomas Merton het gesê "Dankie Here, dat ek beter bid wanneer ek loop as wanneer ek praat...." Sterkte. Chris de Wit by dewitchris6@gmail.com

Popular posts from this blog

So gebore en so gedoop (hersiene weergawe)

Ek is nie ‘n klein monstertjie nie. Dis mos wat Lady Gaga se aanhangers genoem word, want sy heet mos glo Mamma Monster. Ja, ek het al ‘n keer of wat op ‘n tafel gedans terwyl Poker Face oor die luidsprekers gons. Ek het egter nog nooit haar albums gekoop nie en was nie juis van plan om haar optrede te gaan kyk nie. Tot onlangs, toe vriende van my vir my allerhande emails en videos ( https://www.youtube.com/watch?v=iR7Fdxk49cc ) begin aanstuur het wat haar lirieke, musiek videos en uitrustings ontleed as tipies van iemand wat haar siel aan die duiwel verkoop het. Die titel antichris is mildelik aan haar toegeskryf, asook die bruid van Satan. Nodeloos om te noem het dit my nuuskurigheid oor haar aangewakker. Ek is immers ‘n teoloog en die geleentheid om die duiwel se vrou van naderby te bestudeer is ‘n kans wat nie elke student van die spirituele te beurt val nie.  Toe ek dus die uitnodiging kry om na haar optrede by Soweto se Soccer City te gaan kyk, het ek dit aangegryp, ter will

I benefited from Apartheid

I am white. My friend @cobusvw was one of the first people to help me embrace being white with all the baggage that goes along with. I am also a racist. It is the bane of my life here in Africa. Growing up in the 80’s in South-Africa have shaped me in a certain way. My inherent racism is something I struggle with everyday. Don’t get me wrong, I try very hard not to be one. My other white buddy @soulgardeners introduced met to Jonathan Jansen’s work describing my racism as almost inherited through blood. Together we started to talk about our struggle with racism in the same way addicts would talk about their addiction.  I am a recovering umlungu, addicted to feeling superior. I am born into a history of racism. Years of prejudice have framed a narrative through which I perceive others that are different from me and my culture.  I am proud to say that most of the time, with the help and patience of kind, supportive and forgiving black (and white) friends I have my addiction under

By die doopvont is ons nóg gay, nóg straight.

Ons het al ’n ver pad gestap. Die mense van die kerk meen ek. Met die kerk bedoel ek my kerk. Die Nederduitse Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika. In 1843 het die gemeente van Tulbach geskeur weens mense se onversoenbaarheid rakende die sakramente. Die legende lui dat ’n baba van ’n jong ongetroude meisie gedoop is en dit het sekere gemeenteleiers rooi laat sien.  Daar is baie sulke hartseer verhale. Nie almal het op kerkskeuring uitgeloop nie, maar baie het krake en skeure in harte van goeie gelowige mense veroorsaak. Die jare 70’s en 80’s toe ek ’n kind was het sy pond vleis van my generasie geeis. Die land was ook ietwat anders vir Afrikaanse kerkmense in daardie tyd. Dalk in sekere opsigte meer eenvoudig. Jou opsies was minder, wat dan ook bygedra het tot die moontlikheid van verwerping indien jy meer links van die linker regop paal die lewe benader het. Twee vriendinne van my het albei in die jare 80’s en vroeg 90’s uit die kas gekom. Die pyn van verwerping en die soeke