Skip to main content

Yunis (Iewers verlede jaar geskryf)

Elke tweede week help Yunis om ons huisie weer leefbaar te maak. Ons het die gebruik om aan die einde van die dag, voor ons haar na haar huis in Bloekombos neem, saam koffie te drink. Meeste van die tyd is daar nie eintlik iets spesiaal aan die klein ritueel nie. Sy sit by die tafel en ek maak die koffie. Melk met drie suiker, ek drink dit swart, Elmarie drink tee. Dit is selde dat ons praat. Waarskynlik omdat die twee werelde net te groot is en die tyd wat ons haar ken te min.

Verlede week was egter anders.

Dieselfde storie, drie suiker, een met melk die ander een swart en ‘n potjie tee.

Ons vra haar uit oor haar kinders.

Sy het vier, die eerste een gekry op 17, sy is nou 34, uiteindelik getroud.

If we get pregnant now, it ill be very bad, se Elmarie.

Ek verstik amper aan my stuk beskuit.

Why? vra Yunis.

Ag Yunis, we are too young.

No, you should have two by now.

Eish, is al Xhosa wat ek op daardie oomblik uitkry.

No, we first want to see the world.

A child is a blessing, Faure, you must try a child.

Ons weet Yunis, maar net nie nou nie.

Hoekom nie?

Ai Yunis, We dont have enough money.

You dont need a lot of money to raise a child.

En toe gebeur dit, tussen doodgewone koffie en tee, net voor chaila tyd, die karios moment:

Yunis leun terug op haar stoel en beduie met ‘n stuk beskuit:

Faure, if you wait for money, you will never do anything.

Ek kyk vir El, sy kyk vir my en al gaan ons wragtag nie nou try for a child nie, is sy met haar vier kinders in Bloekombos, een van die min mense wat verstaan hoe eenvoudig goed God is.

Comments

Popular posts from this blog

So gebore en so gedoop (hersiene weergawe)

Ek is nie ‘n klein monstertjie nie. Dis mos wat Lady Gaga se aanhangers genoem word, want sy heet mos glo Mamma Monster. Ja, ek het al ‘n keer of wat op ‘n tafel gedans terwyl Poker Face oor die luidsprekers gons. Ek het egter nog nooit haar albums gekoop nie en was nie juis van plan om haar optrede te gaan kyk nie. Tot onlangs, toe vriende van my vir my allerhande emails en videos ( https://www.youtube.com/watch?v=iR7Fdxk49cc ) begin aanstuur het wat haar lirieke, musiek videos en uitrustings ontleed as tipies van iemand wat haar siel aan die duiwel verkoop het. Die titel antichris is mildelik aan haar toegeskryf, asook die bruid van Satan. Nodeloos om te noem het dit my nuuskurigheid oor haar aangewakker. Ek is immers ‘n teoloog en die geleentheid om die duiwel se vrou van naderby te bestudeer is ‘n kans wat nie elke student van die spirituele te beurt val nie.  Toe ek dus die uitnodiging kry om na haar optrede by Soweto se Soccer City te gaan kyk, het ek dit aangegryp, ter will

I benefited from Apartheid

I am white. My friend @cobusvw was one of the first people to help me embrace being white with all the baggage that goes along with. I am also a racist. It is the bane of my life here in Africa. Growing up in the 80’s in South-Africa have shaped me in a certain way. My inherent racism is something I struggle with everyday. Don’t get me wrong, I try very hard not to be one. My other white buddy @soulgardeners introduced met to Jonathan Jansen’s work describing my racism as almost inherited through blood. Together we started to talk about our struggle with racism in the same way addicts would talk about their addiction.  I am a recovering umlungu, addicted to feeling superior. I am born into a history of racism. Years of prejudice have framed a narrative through which I perceive others that are different from me and my culture.  I am proud to say that most of the time, with the help and patience of kind, supportive and forgiving black (and white) friends I have my addiction under

By die doopvont is ons nóg gay, nóg straight.

Ons het al ’n ver pad gestap. Die mense van die kerk meen ek. Met die kerk bedoel ek my kerk. Die Nederduitse Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika. In 1843 het die gemeente van Tulbach geskeur weens mense se onversoenbaarheid rakende die sakramente. Die legende lui dat ’n baba van ’n jong ongetroude meisie gedoop is en dit het sekere gemeenteleiers rooi laat sien.  Daar is baie sulke hartseer verhale. Nie almal het op kerkskeuring uitgeloop nie, maar baie het krake en skeure in harte van goeie gelowige mense veroorsaak. Die jare 70’s en 80’s toe ek ’n kind was het sy pond vleis van my generasie geeis. Die land was ook ietwat anders vir Afrikaanse kerkmense in daardie tyd. Dalk in sekere opsigte meer eenvoudig. Jou opsies was minder, wat dan ook bygedra het tot die moontlikheid van verwerping indien jy meer links van die linker regop paal die lewe benader het. Twee vriendinne van my het albei in die jare 80’s en vroeg 90’s uit die kas gekom. Die pyn van verwerping en die soeke