Skip to main content

Die Pretzel


Ek het hierdie storie die eerste keer gehoor uit die mond van die bekende storieverteller Nico Nel. My weergawe klink so:


In die hoogbloei jare van stoei (daai tyd was daar baie bloed betrokke), was Jan van Pretoria die land se nommer een stoeier. En met stoei bedoel ek nie die rofstoei soort wat ‘n mens op e-tv sien nie, nee ek bedoel amateurstoei. Daardie soort waar jy met ‘n rooi of ‘n blou broekie stoei. Ek was self ‘n kranige klein stoeiertjie, maar dit was lank nadat hierdie voorval plaasgevind. Jan het van Lichtenburg se wereld afgekom, sy van was Van Pretoria. Hulle het hom die posterboy van stoei genoem, aangesien al wat ‘n stasiedorp nooientjie ‘n Huisgenootmiddelblad plakaat van Jan van Pretoria van Lichtenburg teen hulle kamerdeure gehad het. Daardie nooientjies behoort nou almal mooi vroue van diep in hulle 80’s te wees en al lewe Jan lankal nie meer nie, stoei hy nog snags in die slaapkamers van menigte ouetehuise.

Jan van Pretoria van Lichtenburg in aksie
Vandat Jan die eerste keer ‘n boelie op die skool se speelgrond omgedop het en sy onderbroek aan sy ore vasgebind het, het Suid-Afrika geweet hierdie knapie gaan nog groot manne se koppe in hul eie holle opdruk, letterlik. Sedert Jan se eerste amptelike rondte op die geel en rooi mat in die kerksaal op Lichtenburg, het Jan elke moontlike troefee op skool ingepalm. Springbokkleure het hy sommer gou verwerf en later toe hy onder ‘n nuwe bestuurder Frikkie de Winkel begin stoei het, het hy op al wat ‘n voorblad en middelblad van die bekende tydskrifte verskyn. Hy sou selfs ‘n keer in die Drum verskyn het as ‘n publisiteitspoging om stoei in Soweto te promoveer, maar die publikasie is ontrek weens politieke redes. 

Soos dit mos gaan met enige groot sportheld is daar ‘n vervaldatum aan enige loopbaan, maak nie saak hoe goed jy is nie. Jan het naby aan die einde van sy loopbaan dit besef. Sy onoorwonne rekord was op die spel en hy wou graag wou uittree sonder ‘n verloor op sy naam. 

Dit was ‘n Maandagoggend toe Jan se afrigter en bestuurder Frikkie die boodskap na die sportredakteur van die Volkblad gestuur het: Jan gaan teen Ivan the Terrible van Rusland vir die wereldtitel veg. Dit gaan ook sy laaste stoeigeveg wees. Maandae was Jan se lucky charm. Al hoe wel hy nog nooit op ‘n Maandag gestoei het nie, het hy altyd ‘n goeie gevoel oor Maandae gehad. Jan was vreemd in hierdie opsig. Sommige mense het geglo Jan is meer van ‘nkunstenaar as ‘n stoeier, dalk ook die rede hoekom mense oor Jan se gevegte gese het dat dit ‘n mooie affere was. Jan het oor die jare stoei in ‘n kunsvorm verander. Sy unieke grepe het onder die volksmond allerhande mooi name gekry, soos “die olifant se slurp”, die seekat, ‘n Halwe Nelson en die borsbreker.

Ivan the Terrible
Jan van Pretoria van Lychtenburg se afriter en bestuurder Frikkie de Winkel was ook ‘n man wat sy jare ver vooruit was. Lank voordat sporthelde profesioneel geraak het oor hulle loopbaan, het Frikkie vir Jan op verskeie kreatiewe manier “bemark”. Behalwe vir sy gereelde verskynings in die Huisgenootmiddelblaaie, het ook gereeld by skole gepraat en promosie gevegte gehou. Frikkie was ook ‘n man vir die wetenskap. Hy het geglo dat elke teenstander in voorspelbare patrone stoei en as jy genoeg voor die tyd hulle bestudeer gaan jy presies weet hoe om hulle te klop. So ook met Ivan the Terrible van Rusland. Daarom die rede dat hulle twee weke voor die tyd reeds na Moskow vertrek het.

Jan en Frikkie is toe met ‘n groot gegroet oor die waters om die rooi gevaar aan te durf. Die politieke storm wat om sy kop geheers het oor sy besluit om in Rusland te veg is gou deur opportunistiese politikuste omgeswaai in ‘n lekker propaganda geleentheid. Die een opskrif het selfs gelui: Jan die held van die Republiek gaan die Rooi Kommunis in sy eie agterplaas klop. 

In Rusland aangekom, het Jan en Frikkie gou-gou hulself met die plaaslike kultuur vereenselwig, veral die pragtige blonde nooientjies en die yslike doppe wodka wat mildelik aan hulle toegedien was. Jan het vele trouaanbiedings gekry en selfs vir ‘n oomblik getwyfel in sy eie politieke oortuigings. Nadat hulle egter die eerste week omtrent al hul geld op wilde partytjies en aartappel geregte gespandeer het, het Frikkie hulle albei tot hul sinne geroep. Van toe af was daar hard gewerk om gereed te wees vir Ivan the Terrible.

Frikkie het deur middel van een van die blonde poppies aan wie hy kamstig trou belowe het sy hande op ‘n klomp tapes van Ivan se gevegte afgekom. Die gedagte om videomateriaal van jou teenstander te bestudeer was revolusioner om die minste te se. Die hele Sondagnag het Frikkie en Jan deur die beeldmateriaal gekyk en wat hulle ontdek het hulle baie gespanne gemaak vir die aankomende stoeigeveg. Weens die swak tegnologie van destyd kon hulle nie die beeldmateriaal ordentlik genoeg ontleed nie, maar wat hulle wel opgelet het was dat Ivan al sy gevegte my net een greep gewen het en dit binne die eerste minuut van die geveg. Sy teenstanders het dan ook vir lank na die geveg doodstil op die mat bly le. oor en oor het hulle die beeldmatreiaal bekyk. Frikkie sou later die week oor ‘n glas wodka leer dat hierdie gevaarlike greep van Ivan the Terrible in die volksmond bekend staan as “Die Pretzel”.  

Nou enige mens wat sy sout in stoei werd is sal weet dat vir elke greep is daar ‘n teengreep, maar om die teengreep vir die Pretzel te kry was onmoontlik. Ivan se ondersteuners was tjoepstil oor die geheim van die Pretzel. Frikkie het die tapes ge-forward en ge-rewind tot die beelde lyntjies begin maak en sneeuagtig begin bewe, het maar helaas was Ivan se tegniek te goed verbloem vir die blote oog en die outydse tegnologie. Op die ou einde moes hulle maar berus by die feit dat hulle in die geveg in gaan met net ‘n klein bietjie inligting. Frikkie kon darem optel dat net voor Ivan die gevreesde Pretzel op sy teenstander loslaat begin sy een oog onwillekerig knip. Die probleem is egter dat sy teenstander se kop daardie tyd gewoonlik iewers tussen sy kniee en Ivan se boude is, dus gaan dit nie veel help nie, tensy Frikkie dit van die kant af kan raaksien en vir Jan waarsku.

Die dag van die groot geveg het uit eindelik aangebreek. Jan het vroegoggend vir ‘n draffie deur om die rooiplein gegaan, die lied Eye of the Tiger sou perfek gewees het as agtergrond, maar helaas was al wat in Jan se agterkop gespeel het een van Oom Sakkie se plaaswerf sitees.

By die arena was dit een groot gefuif. Van vroeg dag af het die wodka gevloei soos die Volga. Reeds ‘n paar uur voor die geveg sou aanbreek was die ganse Moskow reeds in die gestoeltes van die groot arena. Die mans met die swart bootse en die regop mussies wat lyk soos uilneste het die kenmerkende skopdanse gedoen, terwyl die pragtigste Russiese vrouens met bene soos resiesperde vol afwagting gewag het om te sien hoe lyk ‘n stoeier van die Vrye Wereld. Jare later sou Russiese vrouens hoopvol deur die pos trou met mans van Suid-Afrika net om te ontdek dat nie almal lyk soos Jan van Pretoria van Lichtenburgh nie. 

Al die bekendes was ook daar, van die Tsaar en sy gesin (dit was nog voor die misterieuse moord) tot ‘n jong Stalin. Sommige historici beweer dat wat daardie aand in die psige van die toekomstige Russiese diktator gebeur het, hom verewig getsaar het, ag ek bedoel geskaar het. 

Ivan het in ‘n rooi broekie gestoei en Jan in blou. Natuurlik heel gepas. Dit was die groot stryd tussen Noord en Suid, Oos teen Wes, Kommunis teen Kapitalis.

Jan en Frikkie se wedstrydplan was eenvoudig: “Shock and awe.” Ek het onlangs gehoor dat Bakkies Botha, sowel as George Bush hulle inspirasie geput het uit wat Jan in die eerste drie rondtes van die geveg teen Ivan reggekry het.

Toe die skydsregter die fluitjie blaas toe is Jan oor Ivan soos ‘n brandsiek hond oor ‘n hoenderbeen. Na die eerste drie rondtes het Jan so baie tegniese punte gehad dat as hy kom uithou tot die einde sou hy beslis die geveg gewen het. Sy flambojante “Olifant se slurp” en die meer klassieke Half Nelson, gekombineer met die dodelike borsbreker was een te veel vir Ivan. Jan het selfs ‘n keer of wat ‘n kans vir ‘n valslag teen Ivan gehad, maar dit wou tog lyk of die skeidregter omgekoop was, aangesien hy elke keer baie lank geneem het om die val toe te ken. Elke slag het Ivan dan met ‘n wonderbaarlike ten toonstelling van spierkrag en stamina homself uit een van Jan se besonderse mooi grepe losgewoel. 

Toe die vierde rondte aangebreek het, toe is die skare teen daardie tyd al baie stil en onrustig. Sommige vroue het hul aartappelgebak in die oond gelos, want Ivan se gevegte is gewoonlik baie vinnig verby, maar hierdie keer trek dit nou al by die vierde ronde. Daar was daardie dag verskeie kombuise wat afgebrand het. Stalin het doodstil met ‘n bottel wodka gesit en planne beraam om sy frustrasies op Poland uit te haal (Hitler het hom egter voorgespring ‘n paar jaar later.)

Tog vir die kenners van Ivan the Terrible se glorieryke loopbaan was daar ‘n subtiele beneukte kyk in Ivan se oe te bespeur. Jan was op daardie stadium so oorbluf deur hoe goed dit met hom gegaan het, dat hy vir oomblik konsentrasie verloor het. Toe die fluitjie vir die vierde rondte geblaas het, het Jan vir die groot val gegaan. Hy gryp toe vir Ivan aan sy sy vir die wilde Heupgooi, maar Ivan wat dit sien kom het, woel hom toe vroegtydig los en kry Jan se kop in ‘n baie ongemaklike posisie. Op die daardie moment was Frikkie se aandag vir ‘n flietende wyle by die mooi oë van een die vele pragtige trouvrouens wat die heel nag om hom gekloek het. Terwyl Frikkie vir die oë wat meer konserwatiewe mense borste noem, geloer het, het Ivan se een oog onwillikerig begin knip. Voor jy kon sȇ rooiplein het Jan homself in die pretzel bevind. Die skare se aandag was lank nie meer by die geveg nie, dus was die gedreun nie so groot soos op die tapes nie. Eers toe ‘n baie vet vrou in die voorste gestoeltes luidkeels uitgeroep het: “Pretzolski!” het die skare lewe begin kry. Nodeloos om te noem was dit een van grootste toejuigings wat tot nog toe deur die strate van Moskow gehoor is. Selfs Stalin het ‘n klein glimlaggie onder sy snor gewys.

Die skeidsregter het vinnig nader geloop en haastig begin aftel. “Ahdeen! ...Dvah! ... en net voor jy die derde telling kon hoor, gooi Jan vir Ivan van hom af met een magtige vertoning van krag. Ivan val so hard dat hy vir oomblik doodstil bly lȇ het. Jan, hygend na sy asem met die pyn merkbaar op sy rooi gesig, spring toe vinnig op Ivan, dop hom om in die komplekse Fatti’s en Monni’s greep en voor die skare hulself kon orienteer slaan die skeidregter die derde hou op die mat en die woord “Tree” kon tot ver by die agterste stoele gehoor word. Ivan the Terrible het net daar bly lȇ. Jan staan toe op met sy hande omhoog. Die nuwe Werelkampioen! Frikkie het homself twee keer benat soos hy tussen die modelle deur gebokspring het om by Jan uit te kom. 

Chaos het uitgebreek in die arena. Lee wodka bottels het die wȇreld vol getrek, mans wat ure gelede nog die Cossack dans gedoen het, was op die punt om emmers rond te skop. Stalin het summier 50 van sy raadgewers tereggestel. Jan en Frikkie moes uit die arena vlug, deur die Volga met klere en al swem en is toe deur Westersgesinde Russe tot veiligheid gesmokkel, natuurlik nie sonder Jan se handtekening nie.  Wat Ivan aanbetref, hy het spoorloos verdwyn. Jare later word daar vermoed dat hy betrokke was by die moord van Tsaar en sy gesin sodat hy vryheid vir homself kon kry na sy nederlaag teen Jan. Dis egter net ‘n bespiegeling, hy was egter nooit weer in die openbaar gesien nie.

Terug in Suid-Afrika is Jan en Frikkie volkshelde. Hulle was met ‘n groot parade by Kaapstad hawe ingewag. Jan Smuts het persoonlik hulle ontvang en ‘n uur lange patriotiese toespraak gelewer oor Jan se rol in die val kommunisme. Tydens een van die perskonferensies, nadat verslaggewers Jan begin verveel het deur meer in die politiek, godsdiens en kultuur van Rusland belang te stel as in die eintlike geveg, het die sportjoernalis van een die groot Afrikaanse koerante opgestaan en die belangrikste vraag van die dag gevra: 

“Jan van Pretoria van Lichtenburg, baie geluk met jou groot oorwinning. My vraag aan jou: Jy en Frikkie het geweet dat julle sonder ‘n teengreep teen Ivan the Terrible se gevreesde Pretzel greep die geveg aanpak. Die eerste drie rondtes het jy die oorhand gehad en toe met die begin van die vierde rondte het hy jou in die Pretzel gesit. Wat het deur jou gedagtes gemaal en hoe de dinges het jy daar uit gekom?” 

Jan antwoord toe: 

“Ek moet bieg, ek weet steeds nie hoe die Pretzel werk nie. Ivan is verseker die mees gedugte teenstander teen wie ek nog ooit gestoei het. Die geheim van die Pretzel is saam met Ivan verlore. Hoe hy my in daardie greep gekry het, weet ek ook nie. Ek het bygekom toe iemand kliphard naby my ore die woord Pretzolski skree. Ek het geweet dat ek nie baie tyd het om met ‘n plan vorendag te kom nie. Toe probeer ek maar myself loswoel soos goed soos ek kon. Ek ontdek toe tot my skok dat ek net drie goed kon beweeg. My linker oog, my regter pinkie en my kakebeen. Ek maak toe maar my linker oog oop en sien voor my ‘n paar groot knaters hang. My pinkie was binne tref afstand, so toe begin ek maar die twee kroonjuwele tik totdat dit soos ‘n klok heen en weer wieg. Toe dit naby genoeg aan my mond kom toe maak ek my bek oop en byt met al my tande af op die sagte plekkie. 

Nou kyk, jy sal nie glo watse krag ‘n mens kry as jy jou eie ballas raak byt nie...”

Comments

Popular posts from this blog

So gebore en so gedoop (hersiene weergawe)

Ek is nie ‘n klein monstertjie nie. Dis mos wat Lady Gaga se aanhangers genoem word, want sy heet mos glo Mamma Monster. Ja, ek het al ‘n keer of wat op ‘n tafel gedans terwyl Poker Face oor die luidsprekers gons. Ek het egter nog nooit haar albums gekoop nie en was nie juis van plan om haar optrede te gaan kyk nie. Tot onlangs, toe vriende van my vir my allerhande emails en videos ( https://www.youtube.com/watch?v=iR7Fdxk49cc ) begin aanstuur het wat haar lirieke, musiek videos en uitrustings ontleed as tipies van iemand wat haar siel aan die duiwel verkoop het. Die titel antichris is mildelik aan haar toegeskryf, asook die bruid van Satan. Nodeloos om te noem het dit my nuuskurigheid oor haar aangewakker. Ek is immers ‘n teoloog en die geleentheid om die duiwel se vrou van naderby te bestudeer is ‘n kans wat nie elke student van die spirituele te beurt val nie.  Toe ek dus die uitnodiging kry om na haar optrede by Soweto se Soccer City te gaan kyk, het ek dit aangegryp, ter will

I benefited from Apartheid

I am white. My friend @cobusvw was one of the first people to help me embrace being white with all the baggage that goes along with. I am also a racist. It is the bane of my life here in Africa. Growing up in the 80’s in South-Africa have shaped me in a certain way. My inherent racism is something I struggle with everyday. Don’t get me wrong, I try very hard not to be one. My other white buddy @soulgardeners introduced met to Jonathan Jansen’s work describing my racism as almost inherited through blood. Together we started to talk about our struggle with racism in the same way addicts would talk about their addiction.  I am a recovering umlungu, addicted to feeling superior. I am born into a history of racism. Years of prejudice have framed a narrative through which I perceive others that are different from me and my culture.  I am proud to say that most of the time, with the help and patience of kind, supportive and forgiving black (and white) friends I have my addiction under

By die doopvont is ons nóg gay, nóg straight.

Ons het al ’n ver pad gestap. Die mense van die kerk meen ek. Met die kerk bedoel ek my kerk. Die Nederduitse Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika. In 1843 het die gemeente van Tulbach geskeur weens mense se onversoenbaarheid rakende die sakramente. Die legende lui dat ’n baba van ’n jong ongetroude meisie gedoop is en dit het sekere gemeenteleiers rooi laat sien.  Daar is baie sulke hartseer verhale. Nie almal het op kerkskeuring uitgeloop nie, maar baie het krake en skeure in harte van goeie gelowige mense veroorsaak. Die jare 70’s en 80’s toe ek ’n kind was het sy pond vleis van my generasie geeis. Die land was ook ietwat anders vir Afrikaanse kerkmense in daardie tyd. Dalk in sekere opsigte meer eenvoudig. Jou opsies was minder, wat dan ook bygedra het tot die moontlikheid van verwerping indien jy meer links van die linker regop paal die lewe benader het. Twee vriendinne van my het albei in die jare 80’s en vroeg 90’s uit die kas gekom. Die pyn van verwerping en die soeke