Toe ons jonk was het ons ‘n speletjie gespeel “Follow the leader”. Die punt was om die leier se bewegings te na-aap, hoe langer die spel aangehou het, hoe moeiliker het dit geword. Veral as die leier onverwags terug tree of stop. dan bots almal in mekaar vas. Om ‘n Jesus te volg voel vir my dikwels so. Jesus stop, of beweeg met eens vinniger, of draai skielik na regs en voor ek my kan kry is ek uit ritme uit. Ritme is nie juis iets waarmee ek geseen is nie. Wanneer ek by mense gaan kuier verkies ek om die klokkie te lui, eerder as aan die deur te klop. Ek is dus goed bekend met daardie “uit ritme” gevoel. Wanneer dit met ‘n mens op die dansbaan gebeur, veral wanneer jy saam met iemand anders dans, dan het jy een van twee opsies. Jy kan of stop, ‘n oomblik wag tot jy weer die ritme gevang het of jy kan sommer so in die dans ‘n "double step" gee met die hoop om die ritme te vang. Hierdie “stop en wag” of die “ekstra stappie” sien ek ook in my geloo...
stories is 'n heilige affêre...