Skip to main content

Mandela Memorial #3 (Afrikaanse Liturgie met Antjie Krog se Rougesang)


Liturgie vir 'n Lewe van Versoening

Ter nagedagtenis van Nelson Rolihlahla Madiba Mandela

11 Desember 2013


In hierdie adventstyd dink ons aan Madiba as ‘n pelgrim wat ver moes loop vir vryheid. Iemand wat die wereld se verbeelding aangegryp het deur vergelding te verruil vir vergifnis. Baie mense stap vandag saam met hierdie pelgrim, in die rigting van ‘n wêreld waar almal vry is om met menswaardigheid te leef. Ons vat hande met mekaar, ons ontdek ons eendersheid te midde van ons andersheid. Ons laat toe dat Afrika deur ons are vloei. Ons loop die pad met ‘n reenboog op die horison. Rondom ons hoor ons die toejuigings van ons voorouers, van hulle wat die pad reeds gestap het. Ons hoor die pleidooi van hulle wat op die pad gestruikel het. Ons struikel self. Iemand help ons op. Ons sien die bakens langs die weg en word herinner dat die pad lank is en al hoe moeiliker gaan word. Hoe verder ons agter hierdie aardsepelgrim aanstap hoe meer leer hy ons van versoening. Ons word beter met elke tree. Ons kom agter dat soos die weg al hoe smaller word, stap ons al hoe nader aan mekaar. Aan die begin het ons mekaar net verdra, nou moet ons mekaar begin dra…

Voorlesing: Rougesang van Antjie Krog:

ondergronds het ’n rif geskuif
die aarde struikel
verward swik die son

toe sy asem hom verlaat het in die nag
het die sterre geduisel
want alles is verstrengel
wurgend aan sy dood
sy dood en die dood alleen

ineens is alles droef
asof ons in ’n groot skadu staan
asof glas deur ons breek
asof klip in ons splinter
asof ons gedagtes in fluisterende wanhopige groepe rondvlug
soos assegaaie in die grond bly vassteek

trillend

in Qunu weier die beeste vanoggend om uit die kraal te gaan
by Lusikisiki lê die visse na aan die oppervlakte
in Mvezo maak die korhane geen geluid nie


Gemeentesang
Nader My God by U : Voorsangers in Sotho
Nader My God by U : Gemeente in Afrikaans

The time for the healing of the wounds has come.
The moment to bridge the chasms that divide us has come.
The time to build is upon us - Nelson Mandela

Voorlesing: Rougesang van Antjie Krog:

in die voetpaaie, op die sypaadjies, in busse langs die paaie
bondel ons swyend bymekaar, ons die gewones
ons sprinkel ons trane oor hom
ons besprinkel die erflating
van die Vreeslose Kryger wat ons eenmaal regeer het
ons besprinkel die lyk wat gewas moet word
ons besprinkel die geopende bloed van Mandela
ons gewones was hom nie met water nie maar met liedere



Gemeentesang: O Heer my God

There is no easy walk to freedom anywhere, and many of us will have to pass through the valley of the shadow of death again and again before we reach the mountaintop of our desires - Nelson Mandela

Gewyde stilte

Gemeentesang: Die Onse Vader

Teks en Boodskap: Fillipense 2:1-11
1-4If you’ve gotten anything at all out of following Christ, if his love has made any difference in your life, if being in a community of the Spirit means anything to you, if you have a heart, if you care— then do me a favour: Agree with each other, love each other, be deep-spirited friends. Don’t push your way to the front; don’t sweet-talk your way to the top. Put yourself aside, and help others get ahead. Don’t be obsessed with getting your own advantage. Forget yourselves long enough to lend a helping hand.
5-8Think of yourselves the way Christ Jesus thought of himself. He had equal status with God but didn’t think so much of himself that he had to cling to the advantages of that status no matter what. Not at all. When the time came, he set aside the privileges of deity and took on the status of a slave, became human! Having become human, he stayed human. It was an incredibly humbling process. He didn’t claim special privileges. Instead, he lived a selfless, obedient life and then died a selfless, obedient death—and the worst kind of death at that—a crucifixion.
9-11Because of that obedience, God lifted him high and honoured him far beyond anyone or anything, ever, so that all created beings in heaven and on earth—even those long ago dead and buried—will bow in worship before this Jesus Christ, and call out in praise that he is the Master of all, to the glorious honour of God the Father.


SANGITEM: Seën ons Here God, seën Afrika.

Die klip wat elkeen ontvang het, simboliseer die pyn en seer wat ons as Suid-Afrikaners in ons harte dra, oor die verlede en ook ons vrese vir die toekoms. Tog is dit ook ’n simbool van ons potensiaal om te bou, om by te dra, om sterk te wees. Elkeen kry nou ’n kans om sy of haar klip by die boom wat “omgeval” neer te sit.

Voorlesing van ’n uitreksel uit Belydenis van van Belhar:

Ons glo dat God Homself geopenbaar het as die Een wat geregtigheid en ware vrede onder mense wil bring; dat Hy in ‘n wêreld vol onreg en vyandskap op ‘n besondere wyse die God van die noodlydende, die arme en die veronregte is en dat Hy sy kerk roep om Hom hierin na te volg; dat Hy aan verdruktes reg laat geskied en brood aan die hongeriges gee; dat Hy die gevangenes bevry en blindes laat sien; dat Hy die wat bedruk is ondersteun, die vreemdelinge beskerm en weeskinders en weduwees help en die pad vir die goddelose versper; dat vir Hón reine en onbesmette godsdiens is om die wese en die weduwees in hulle verdrukking te besoek; dat Hy sy volk wil leer om goed te doen en die reg te soek; 
dat die kerk daarom mense in enige vorm van lyding en nood moet bystaan, wat onder andere ook inhou dat die kerk sal getuig en sal stry teen enige vorm van ongeregtigheid sodat die reg aanrol soos watergolwe, en geregtigheid soos ‘n standhoudende stroom; dat die kerk as eiendom van God moet staan waar Hy staan, naamlik teen die ongeregtigheid en by die veronregtes; dat die kerk as volgelinge van Christus moet getuig teenoor alle magtiges en bevoorregtes wat uit selfsug hulle eie belang soek en oor andere beskik en hulle benadeel

No one is born hating another person because of the colour of his skin, or his background, or his religion. People must learn to hate, and if they can learn to hate, they can be taught to love, for love comes more naturally to the human heart than its opposite - Nelson Mandela

Voorlesing: Rougesang van Antjie Krog

die Groot Aanmekaarbinder
geen mens se strottehoof kan Mandela se lied end-uit sing nie
geen mens ontglans ooit ons Groot Saambinder vir ons nie
geen mens oortref hom in morele gesag nie
geen leier is nog ooit só deur ons mense lief gehad nie
hy wat ons beste gesig was
hy wat ons aan onsself teruggegee het

die beliggaming van die wêreld se smagting
na iemand wat omgee
wie se dade onbeskaamd goedheid wou bring

geliefde Mandela, bring seën op ons, jou kinders
laat jou lewe sy vingerafdruk op ons almal laat
dit sal lank duur voordat ons ooit weer ’n mens so edel
iemand so genesend en koppig mooi
so taai van inbors so streng insluitend van beginsel
so elegant en oorrompelend van hart in ons sterflike arms kan hou

Seënbede

In die woorde van Desmond Tutu:

God ons vra dat u ons geweldig seen
U het ons ’n wonderlike gawe gegee
in hierdie ikoon
van versoening.

God we promise to follow the example of Nelson Mandela.

Mag die genade van die Here Jesus Christus, die liefde van die God die Vader, en die gemeenskap van die Heilige Gees altyd by ons wees.

Slotlied:  Laat Heer U vrede deur my vloei



Comments

Popular posts from this blog

So gebore en so gedoop (hersiene weergawe)

Ek is nie ‘n klein monstertjie nie. Dis mos wat Lady Gaga se aanhangers genoem word, want sy heet mos glo Mamma Monster. Ja, ek het al ‘n keer of wat op ‘n tafel gedans terwyl Poker Face oor die luidsprekers gons. Ek het egter nog nooit haar albums gekoop nie en was nie juis van plan om haar optrede te gaan kyk nie. Tot onlangs, toe vriende van my vir my allerhande emails en videos ( https://www.youtube.com/watch?v=iR7Fdxk49cc ) begin aanstuur het wat haar lirieke, musiek videos en uitrustings ontleed as tipies van iemand wat haar siel aan die duiwel verkoop het. Die titel antichris is mildelik aan haar toegeskryf, asook die bruid van Satan. Nodeloos om te noem het dit my nuuskurigheid oor haar aangewakker. Ek is immers ‘n teoloog en die geleentheid om die duiwel se vrou van naderby te bestudeer is ‘n kans wat nie elke student van die spirituele te beurt val nie.  Toe ek dus die uitnodiging kry om na haar optrede by Soweto se Soccer City te gaan kyk, het ek dit aangegryp, ter will

Oor Seekoeie, Crocs en Gin 'n tonics.

Tydens ‘n onlangse besoek aan die Kruger Wildtuin het ek net weer opnuut besef: Die mens is kens, stapelgek. Ons het doer bo in die noorde by Pafuri gaan draai en orals waar ons kom is daar waarskuwings dat toeriste asseblief in hul motors moet bly. Die diere is gevaarliker as wat hulle lyk, dis nie Disney World nie, dis Afrika! So gaan hou ons toe piekniek by Pafuri, heimlik hoopvol dat die allerskaarste visuil sy verskyning sal maak. Na ‘n heerlike en insiggewende kuier saam met Frank Mobasa, Pafuri se voëlguru, vat ons toe die pad al langs die rivierbedding af. Op ‘n kol stop ons by ‘n mooi hoekie sommer teenaan die rivier. Entjie teen die wal af le vier groot krokodille, verder af in die rivier skuil ‘n spul seekoeie van die middagson en oorkant die wal breek ‘n paar takke onder olifant tande. “Hello darling, do you see any wild animals?” skreeu ‘n botox tannie met ‘n gin en tonic vanuit haar splinter nuwe Prado. “No, only hippos and crocks!” antwoord die bestuurder in die ew

Simptome sonder 'n diagnose

Ek skryf vanaand oor my ontydige ontmoeting met die dood, my eie dood om presies te wees. My muse terwyl ek skryf is die bekfluitjie van Bob Dylan. (“it's getting dark, too dark to see, I feel I am knocking on heavens door...”) Die afgelope paar weke stoei ek met simptome wat wissel tussen malaria, bosluiskoors, sinussitus, babalas en een of ander bakteriele bliksem in my binneste. Oor die algemeen het ek die gemoedstoestand (asook die spysvertering) van ‘n ouma agter op die backseat terwyl haar kleinkind sy "maiden voyage" deur Bainskloof Pas onderneem, in pa se nuwe Audi... Die dokters gooi egter klippe in die bos om te kyk wat uitspring, dus het ek nou al buiksonars, breinskanderings en ‘n wilde lumber punch agter die blad (laasgenoemde was regtig agter die blad). Iemand moet nou nog net my prostaat kom voel dan is die hele boksomdice gecover. OK, so waar was my ontmoeting met die dood? In al die bogenoemde natuurlik. Ek doen nie goed met naalde, pille en hosp